My groot-meisie-broekie, soos ek my broek(ie) gedoop het is ‘n broekie of regtig ‘n broek wat helemal die teenoorgestelde is van sê ‘n ‘sjoe-broekie’. ‘n Groot-meisie-broekie neem ongeveer 5-10 minute net om aan te kry soggens. Wanneer sy nou eers aan is, dan gaan dit effe beter met die af-en-op-trek van haar so gedurende die dag.
Jou dag, in baie aspekte, word tog beinvloed wanneer jy besluit om jou groot-meisie-broekie te dra. Ewe skielik neem kamer-verlaat nie meer net 5 minute nie. So met die af-en-op-trek van die groot-meisie-broekie, besluit jy na dag vier of vyf, jy gaan nou maar bieg en vir almal sê jy het besluit om te begin rook. Dit is of dit of mense begin dink jy het ‘n grooter probleempie. Enige iemand wat vir langer as 5 minute kamer-verlaat word dalk beskinder.
Niemand skinder oor rokers nie, maar ‘n potensieële geval van slegte blaas-infeksie kan die tonge dalk laat woeker.
Die feit bly staan dat ‘n groot-meisie-broekie jou ‘n goeie drie tot vier kilogram ligter kan laat voorkom. Ek het al baie gewonder … waar presies gaan alles wat jy ‘in-squash’ heen? Dis nou nie asof ons hol is binne en die vetjies ‘n oop gatjie vind en daar ‘settle’ vir die dag nie?? Die ‘challenge’ is ook natuurlik wanneer jy nou jou groot-meisie-broekie aan het, dan moet sy perfek sit orals en net hoog genoeg opgetrek word op die regte plekke, want min dinge lyk so eienaardig soos ‘n vrou wat ‘n stywe broek of kort rompie aan het en jy wonder jouself lam wat onder haar klere aangaan, want die boude is mooi styf, die bo-bene lyk heel ferm, maar die knieë lyk of ‘n slang haar gepik het en iemand ‘n rek om hulle (ja, altwee knieë) moes bind om te verhoed dat die gif hart toe gaan – nou pop daai knieë uit onder die pressure - net so onder die boobs bo die middel en lyk soos ‘n cupcake – enetjie wat goed gerys het! Ek staan een oggend by die huis so in my denim – sonder my groot-meisie-broekie aan en maak die knoop vas so onder my pensie. Natuurlik peul effe van die maag vetjies bo-uit en ek lyk regtig soos ‘n cupcake van agter af. Die boetie het my so een kyk gegee en gesê : “Sussa, daai denim van jou sit so styf, dit druk jou boude dat dit lyk soos ‘n cleavage.” Elke vrou mag dalk droom van ‘n cleavage, maar as dit is hoe jou boude van agter af lyk, dan is dit verseker tyd om te invest in ‘n groot-meisie-broekie.
Eerstens, sodra jy nou klaar gebad of gestort het, dan droog jy af en droog goed af, want buiten dat dit jou ‘n goeie klompie tyd gaan vat om jou groot-meisie-broekie aan te trek en reg op te trek, is sy stubborn wanneer dit kom by oor ‘n nat-lyfie gly. Sy hak-vas en weier om enigsens te beweeg en dan begin jy meer sweet, want jy ruk en pluk aan haar met moeite. Baie van die groot-meisie-broekies het klein plastiese detail oor die rek-gedeeltes en hulle moet juis vas-suig sodat sy nie rond beweeg onder jou klere nie. Dit gebeur darem nie te maklik nie, want wanneer sy eers aan is, lyk dit of iemand haar op jou lyf geverf het. Om haar af te kry na ‘n lang dag, waneer jy ook nou eers ‘n hol-sweetjie opgebou het, want sy is warm, dan lê jy plat op jou rug, haal diep asem, lig jou bene en boude in die lig, balanseer so half op jou hakke en elmboeë en trek haar af so stukkie-vir-stukkie. Gewonder hoe kry jy ‘n groot-meisie-broekie af? Met baie moeite en geduld! As jy ‘n nuwe groot-meisie-broekie vir elke dag sou kon bekostig, stel ek voor jy knip haar sommer van jou lyffie af!
Vrydagoggend vroeg vlieg ek en my ander helfte bietjie kaap toe. My groot-meisie-broekie gaan natuurlik saam, want ek kan op hierdie stadium doen met drie tot vier kilogram ligter lyk en voel - ek weet natuurlik nogsteeds nie waarheen my vetjies hulle-self verplaas nie -, maar dit is irrelevant – wat die oog nie sien en die oor nie hoor, maak die hart nie seer nie.
4:30 begin my alarm te skreeu en ek ruk myself orent, vlieg uit die bed uit en begin strek – sien, ‘n mens móēt strek as jy ‘n groot-meisie-broekie wil aantrek, want jy stoei om haar aan te kry. Regtig waar, die laaste ding wat ek wil hê is om te verduidelik aan enige iemand dat ek my rug uit potjie gekry het terwyl ek ‘n groot-meisie-broekie oor my agterstewe moes trek.
“Goeie môre Meneer, dit is Blom wat praat. Meneer, ek kom nie vanoggend werk toe nie. Meneer sien, ek lê huidiglik op my badkamer se vloer, so skuins voor die wit-troon en is werklik net gelukkig op hierdie stadium om my swart-bessie by te kan kom om Meneer te kan bel …. Hoekom lê ek op die vloer, vra Meneer? Wel, Meneer … ek het vergeet om te strek vanoggend voor ek my groot-meisie-broekie probeer aantrek het – met die stoei om haar aan te kry, tref haar rek my toe onder my linker bors, slaan die lug goed uit my longe uit en ek word later wakker met ‘n bloed-neus op my badkamer se koue vloer – uit asem uit! ‘n Groot-meisie-broekie Meneer? Uhm … ?”
My groot-meisie-broekie is behoorlik oor my agterstewe getrek en haar rek strek tot effe onder my buuste. My jean-pant gly mooi oor en jy kan sommer sien, hierie hanne van my weet van ‘n groot-meisie-broekie aantrek. Alles wat mens mos baie moet doen, raak mens beter mee.
Maar dis NIE die aantrek wat die probleem is NIE – dis daai UITTREK! ‘n Storie vir ‘n ander dag ….
Copyright © Flowerpowerdais Dec 2011













